Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:23 Thu, 22 Aug 2019
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Laubscher sê die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) se jongste verslag vir die tydperk 2019 tot 2028 toon dat daar eksterne skokke vir die Suid-Afrikaanse landboubedryf ná 2015 is. Dit sluit die uitbreking van bek-en-klouseer en Asiatiese voëlgriep in. Daarmee saam toon Suid-Afrika swak ekonomiese groei met verbruiksbesteding wat onder druk is. Verbruikers is daarom nie in staat om meer te verbruik nie. Hy sê BFAP se vooruitsigte vir kosinflasie is ook nie rooskleurig nie. Dit is veral weens die blywende afhanklikheid van wit mieliemeel in die dieet van ‘n groot en groeiende deel van die bevolking. Volgens Laubscher kan hierdie inflasie na verwagting 6% per jaar beloop.
Sien aangehegte PODCAST...
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
