On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:49 Fri, 30 Aug 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Hy praat oor die wegholbrande in die Amasone wat rampspoedig is, veral in terme van die vrystelling van skadelike kweekhuisgasse. Laubscher verwys na ‘n onlangse publikasie deur die Verenigde Nasies se voedsel en landbouorganisasie (FAO) waarin ‘n groter oorsig gegee word oor die belang van woude wat meestal uit bome bestaan. Bome speel ‘n belangrike rol in die suiwering van water en lug om mense te beskerm teen die duidelike waarneembare nadele van klimaatsverandering. Bome verskaf aan meer as ‘n miljard mense op aarde kos, energie en word ook aangewend vir medisinale doeleindes. Volgens die verslag setel meer as twee-derdes van die wêreld se biodiversiteit in woude. In die verslag oor die kritieke rol van woude in die wêreld, word sewe sogenaamde “geheime” van woude omvat.



Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus






@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.