Agri Hour
Renoster-weeshuise bied veilige hawe vir kalfies maar verskuil ook gevare─── 06:17 Fri, 30 Aug 2019
Renoster-weeshuise speel ‘n groot rol om renosterkalfies, wat wees gelaat is weens stropery, te huisves en voor te berei om weer in die natuur vrygelaat te word.
Dit skep terselfdertyd ook verskeie probleme. Hennie Butler, van die Departement Dierkunde en Entomologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê kontak tussen die kalfies en mense is onvermydelik in dié geval. Die kalfies raak in die sogenaamde weeshuise of rehabilitasiesentrums gewoond aan mense. Daarmee saam loop die kalfies die gevaar om in die weeshuise teikens vir renosterstropers te word.
Volgens Butler word dié weeshuise teikens vir renosterstropers, omdat dié instellings hulself bemark om ‘n inkomste te verdien. Besoekers word toegelaat om die renosterkalfies te voer en te vertroetel.
OFM-nuus se Vernon Baumann het met hom gepraat.
Sien aangehegte PODCAST
Dit was Hennie Butler van die Universiteit van die Vrystaat (UV).
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus/Vernon Baumann
