On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Williston-boere vol waardering vir veevoerskenkings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:36 Fri, 30 Aug 2019

Williston-boere vol waardering vir veevoerskenkings | News Article
Brand du Toit, voorsitter van die Williston-landbouvereniging FOTO: OFM

Boere in die droogtegeteisterde Williston-distrik in die Noord-Kaap is dankbaar vir elke veevoerskenking wat hulle van weldoeners ontvang.


Die voorsitter van die Williston-landbouvereniging, Brand du Toit, sê boere in dié distrik gaan al die afgelope sewe jaar gebuk onder erge droogtetoestande. Die afgelope jaar is daar gebiede wat slegs 10mm reën gehad het. Die situasie is nou kritiek vir dié boere wat nog vasbyt op hul plase. Hulle maak staat op elke skenking veevoer vir hul kernkuddes, waarvan slegs 'n derde oor is, omdat daar geen natuurlike weiding beskikbaar is nie. Veevoer is boonop peperduur en boere is platsak.

Du Toit het op Agri Noord-Kaap se kongres in Kimberley aan OFM-nuus se Christal-Lize Muller gesê die Williston-landbouvereniging koordineer die skenkings en altesaam 180 boere gaan baat by 'n groot skenking van veevoerpille wat vandag deur drie vragmotors afgelewer word.


Sien aangehegte PODCAST


Dit was Brand du Toit, voorsitter van die Williston-landbouvereniging in die Noord-Kaap.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus
 
 


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.