Agri Hour
Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:23 Thu, 05 Sep 2019
Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.
Hy praat oor sogenaamde “vleislose vleis” waarvan die gewildheid wêreldwyd toeneem. Na beraming kan die vraag na vleis teen 2050 met 70% toeneem ten einde die wêreldbevolking, wat dan sowat 9,6 miljard mense gaan wees, te kan voed. Volgens Laubscher neem vleisverbruik toe in ontwikkelende lande. Dié toename in verbruik vind egter nie per kapita plaas nie, maar sluit die totale verbruik in. Verbruikers in ontwikkelde lande eet beduidend minder vleis per kapita en daar is verskeie pogings om aan dié afname momentum te gee. In lande soos Duitsland, Denemarke en Swede word daar nou selfs oorweeg om belasting op vleis te hef. Dit kom neer op ‘n toename in die verbruik van plantaardige plaasvervangers vir vleis. Verbruikers word gefnuik deur die gebruik van tegnologie wat in die meeste gevalle nie eens van die Ware Jacob onderskei kan word nie.
Sien aangehegte PODCAST
Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
