Agri Hour
Sekuriteitsmaatskappy staan boere nou by─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:26 Fri, 06 Sep 2019
Die sekuriteitsmaatskappy, Fidility, spits hom nou toe op die beveiliging van landbougemeenskappe.
Dit kom nadat dié maatskappy en Agri SA nou saamwerk om gemeenskappe in landelike gebiede te beveilig. Verskeie veiligheidsplanne is nou beskikbaar aan boere en op die vlak van misdaadintelligensie werk dié maatskappy en die polisie asook ander veiligheidstrukture hard om gemeenskappe te ondersteun. Fidility se Melt Bartmann het onlangs op Agri Noord-Kaap se jaarkongres in Kimberley aan OFM-nuus se Christal-Lize Muller gesê dié maatskappy is al op grondvlak betrokke by die Excelsior-distrik in die Vrystaat en daar word nou gepoog om diens te lewer in ander distrikte en provinsies in die land.
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Melt Bartman van die Fidility-sekuriteitsmaatskappy.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM News
