On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:51 Thu, 19 Sep 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Hy sê die 2019/20-plantseisoen vir somergraangewasse is om die draai en in die oostelike deel van die land, soos in Mpumalanga, het graanboere al reën gehad en landerye is gereed vir aanplantings. Daarmee saam is voorspellings gunstig vir bogemiddelde reënval tot en met Desember vanjaar. 

Hy sê egter daar is 'n sterk moontlikheid dat Suid-Afrika, soos wat aanvanklik voorspel is, nie 'n rekord koringoes van die dekade gaan lewer nie weens hittetoestande in die Wes-Kaap wat die land se voorste koringproduserende provinsie is. Laubscher sê verder die vooruitsigte vir die lewendehawebedryf sien ook nie goed daarna uit nie, omdat Suid-Afrika se ekonomie steeds wankelrig is ondanks 'n oplewing in ekonomiese groei in die tweede kwartaal vanjaar. 


Sien onderstaande PODCAST


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.  Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.