Agri Hour
NK-boer toon blyk van waardering met unieke boeksak─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:10 Wed, 25 Sep 2019
'n Boer van die Noord-Kaap, Elias Laubscher, het onlangs op Agri Noord-Kaap se jaarkongres in Kimberley 'n boeksak aan die president van dié organisasie, Nicol Jansen, oorhandig.
Wat dié geleentheid so uniek gemaak het, is die feit dat Laubscher dié boeksak in 1980 tydens die destydse Noord-Kaap Landbou-unie se jaarkongres ontvang het. Laubscher sê hy het vanjaar besluit om dié unieke boeksak, wat hy oor die jare bewaar het, aan Jansen te oorhandig as 'n blyk van waardering vir Jansen en sy voorgangers, asook ander betrokkenes by dié organisasie, se waardevolle bydrae tot landbou. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Laubscher gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Elias Laubscher wat sedert 1979 by Agri-Noord-Kaap betrokke is.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
