Agri Hour
Hier is die weeklikse veilingspryse vir lewende hawe─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:58 Thu, 26 Sep 2019
‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf weekliks veilingspryse aan OFM, wat vir lewende hawe behaal is.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Dié inligting is handig en boere kan dit gebruik om ‘n aanduiding te kry van die prys wat diere kan behaal en ook wat kopers bereid is om te betaal. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Derksen verwys na sy besoek aan Hwange, (Wankie) wat geleë is in die westelike deel van Zimbabwe. Volgens hom is winkels in dié dorp propvol duur produkte en dit wil voorkom of daar verbeterde plaaslike toestande is. Hy verwys ook na Botswana se besluit om beeste vir slagdoeleindes na Suid-Afrika uit te voer, wat groot kommer in die plaaslike rooivleisbedryf veroorsaak omdat dit ‘n invloed op die plaaslike prys van beeste kan hê. Derksen meen egter dié situasie kan ook positief gesien word. Suid-Afrikaanse produsente kan dit oorweeg om goedkoop, maer beeste van Botswana aan te koop, plaaslik vet te voer en te verkoop.
Hier is Derksen
Sien onderstaande PODCAST
Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, wat die weeklikse veilingpryse van lewende hawe verskaf het. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus
