Agri Hour
Vrystaatse Landboudepartement hou hondsdolheid-inentingsveldtog by Ficksburg─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:18 Mon, 30 Sep 2019
Altesaam elf mense in Ficksburg in die Vrystaat het inentings ontvang teen hondsdolheid, nadat twee honde positief vir dié siekte getoets het.
Dr. Didi Claassen, 'n staatsveearts by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, sê daar is 'n groter risiko in die Oos-Vrystaat vir hondsdolheid, omdat honde vrylik oor die Caledonrivier beweeg.
Volgens Claassen bied die departement eerskomende Woensdag in Ficksburg 'n inentingsveldtog teen hondsdolheid aan en gemeenskappe word aangemoedig om hul troeteldiere, veral honde en katte vir gratis inentings te bring.
Dit kom nadat die departement vroeër vandeesmaand 'n suksesvolle veldtog in die buitewyke van Bloemfontein aangebied het nadat 'n hond en 'n rooimeerkat positief vir dié siekte getoets het. Claassen sê hondsdolheid tipeer in muishonde en katte of in honde en jakkalse. Sy sê die enigste wyse waarop dié siekte uitgewis gaan word, is deur die inentings. Hondsdolheid is 'n probleem in die Vrystaat al kom dié siekte meer onder wilde tipe diere voor.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus