Agri Hour
Kroonstad-boer vertel van sy nagmerrie-ervaring tydens veldbrand─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:42 Mon, 30 Sep 2019
Sterk windtoestande het die afgelope naweek oor 'n groot deel van die Vrystaat en Noordwes voorgekom, met verskeie veldbrande wat in gebiede gewoed het.
Met die brandseisoen wat nou in volle swang is, kyk 'n 66-jarige boer van Kroonstad, Mof Myburgh, met groot dankbaarheid terug na 6 September verlede jaar, toe hy 40% brandwonde opgedoen het . Dit het gebeur toe Myburgh 'n wegholveldbrand naby sy plaas Panorama probeer blus het.
Hy vertel 'n sterk wind van sowat 65km per uur het gewaai en die brand het vinnig versprei toe hy onverhoeds betrap is.
Die brand het uit 'n noordwestelike rigting teen 'n vinnige pas nader gekruip en Myburgh saam met ander boere met hulle vuurvegters het gepoog om die brand van agter te blus. Die wind het skielik van rigting verander, vertel hy. Myburgh het op daardie oomblik presies besef wat verder gaan gebeur. Dit was nie vir hom 'n verassing nie, en hy het besef wat die gevolge inhou. Hy het sy hoed oor sy gesig geplaas en deur die brand gehardloop.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gesels...
Sien onderstaande PODCAST
Skakel Dinsdagoggend in wanneer OFM-nuus se Christal-Lize Muller verder met Myburgh gesels oor sy behandeling in die Milpark-hospitaal in Johannesburg vir die 40% brandwonde wat hy verlede jaar in 'n wegholveldbrand in die Kroonstad-distrik in die Vrystaat opgedoen het. Myburgh vertel dan oor sy lang pad na herstel.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
