Agri Hour
OVK-wolmarkverslag: Cape Wool merino-aanwyser verhandel laer─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:47 Fri, 04 Oct 2019
Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.
Heinrich Victor, operasionele bestuurder van vesel by OVK, sê die vierde nasionale veiling van die 2019/20 wolseisoen in Port Elizabeth het vandeesweek plaasgevind en die Cape Wools merino-aanwyser het met 2,7% en 471 punte laer verhandel. Dit het teen 'n skoonprys van R167.60 per kg gesluit. Die Australiese EMI het ooreenstemmend met 3,2% gedaal. Victor sê die rand het met 2,0% swakker verhandel teen die VSA dollar en 1,8% swakker teen die euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.
Hy sê die katalogus het vandeesweek uit 'n relatiewe klein volume bestaan en dit het daartoe gelei dat die veiling slegs op een dag plaasgevind het.
Hier is Victor...
Sien onderstaande PODCAST
Die wolmarkverslag is moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus
OFM-nuus
