Agri Hour
Hersiende landelike beveilingstrategie word bekendgestel─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:00 Fri, 11 Oct 2019
Agri SA ondersteun die hersiende landelike beveiligingstrategie wat vandag in Louis Trichardt in Limpopo bekendgestel word.
Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, het op dié organisasie se jaarkongres in Pretoria aan OFM-nuus se Christal-Lize Muller vertel indien die polisie dié hersiende strategie met toewyding en volharding toepas, kan dit vrugte afwerp.
Esterhuyse sê die reserviste-stelsel, wat die ruggraat van dié strategie verteenwoordig, moet aandag geniet en volledig in plek wees.
Dit was Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, slegs op OFM.
OFM-nuus
