On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

#NK-droogte: Projek verleen hulp aan dorpe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Tue, 15 Oct 2019

#NK-droogte: Projek verleen hulp aan dorpe | News Article
Janine Byleveld by OFM se buite-uitsaaisentrum by Agri SA se kongres in Pretoria

Agri Noord-Kaap het ondanks sy bestaande droogtehulpfonds waar geld geskenk word om boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap te ondersteun, ook nou 'n nuwe projek van stapel gestuur.


Janine Byleveld, bedryfsbeampte vir ekonomie, handel, water- en omgewingsake by dié organisasie, sê die "Adopt A Dorp"-projek is verlede maand begin en bied aan besighede oor die land heen en gemeenskappe in dorpe die geleentheid om 'n helpende hand uit te steek na dorpe in dié provinsie. Dit kom nadat die droogtesituasie in die Noord-Kaap nou 'n humanitêre krisis geword het.

Sy sê gemeenskappe sukkel om hul basiese behoeftes te bevredig. Gesinne het nie kos om te eet nie en kan nie basiese sanitêre ware bekostig nie. Dié projek is die ideaal in die sin dat besighede dié Noord-Kaapse dorpe, wat in nood is, geldelik of in die vorm van skenkings op 'n volgehoue grondslag kan ondersteun.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het by Agri SA se kongres Vrydag met Byleveld gepraat....  


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.