On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:51 Thu, 17 Oct 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Laubscher verwys na die Economist se globale indeks vir voedselsekuriteit waar altesaam 113 lande oor die wêreld heen se voedselsekerheid gemeet is. Dié indeks meet voedselsekuriteit aan die hand van beskostigbaarheid, beskikbaarheid en veiligheid met omgewingsimpak wat ook ingesluit word, maar nie tot die oorhoofse indeks bydra nie. Singapoer is die voorloper met 94,3 punte, gevolg deur Portugal (87,3) en Slowakye (81,7). Suid-Afrika is ‘n voorloper op die indeks in Sub-Sahara Afrika. Laubscher meen al toon dié indeks dat Suid-Afrika voedselseker is, is daar steeds gebiede in die land waar mense honger ly. Volgens hom is die uitkoms van dié indeks gepas in terme van Wêreldvoedseldag wat Woensdag oor die wêreld heen gevier is. Dié dag wat jaarliks op 16 Oktober plaasvind, het ten doel om die oorsake en gevolge van honger mense te bepaal en bewustheid te kweek oor hongersnood in talle lande in die wêreld.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Laubscher gepraat…


Sien onderstaande PODCAST

 

Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, op OFM.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.