On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

OVK-wolmarkverslag: Wolmark redelik stabiel

───   07:55 Fri, 25 Oct 2019

OVK-wolmarkverslag: Wolmark redelik stabiel  | News Article

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weekslikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


Heinrich Victor,  operasionele bestuurder van vesel by OVK, sê die agtste veiling van die 2019/20 seisoen het vandeesweek plaasgevind. Die  Cape Wools merino-aanwyser het met 0,5% en met 80 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R169,87 per kg gesluit .

Die Australiese EMI het ooreenkomstig met 1,9% gestyg. Daarmee saam het die rand 1,5% sterker  teen die Dollar, en 1,3% sterker teen Euro, verhandel . Volgens Victor het die mark vandeesweek redelik stabiel gebly,  ondanks 'n afwaartse neiging op die eerste dag. Dit het  op die tweede dag verbeter. Die aanbieding het bestaan uit goeie gehalte lang merinowol en het hoër as die mark presteer.  Korter tipe wol was vandeesweek egter onder druk en weens 'n beperkte aanbieding kon kopers nie genoeg volumes bekom nie.  

Die grootste styging  op die veiling was 2,3%  in die 18 mikron segment.

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Die wolmarkverslag is moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weekslikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.