Agri Hour
Senwes Toekomsfokus: Beplanning in boerderye is belangrik─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:03 Wed, 30 Oct 2019
Senwes Toekomsfokus se paneelbespreking, waaraan gevestigde kommersiële boere deelgeneem en gepraat het oor aspekte soos strategie, visie, finansiële bestuur, vennootskappe, menslike hulpbronne en bestuursinligting in boerderye, het vrugte afgewerp,
'n Positiewe boodskap is uitgestraal.
Dié inligtingsdag, wat deur Senwes in samewerking met die jongboerkomitees van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou (VL), asook Graan SA (GSA) aangebied is, en ten bate van dié twee komitees is, het weer groot aftrek gekry. Louis Wessels, voorsitter van Agri Noordwes se jongboerkomitee, sê die leierboere op die paneel was Sakkie van Zyl, AC van Wyk, Neels Fourie, Johan van der Walt en JP Meintjies. Die paneelbespreking is deur Jaco Minnaar, voorsitter van GSA, gelei. Wessels sê die bespreking rondom die strategie en visie het vir hom uitgestaan, omdat beplanning vir die toekoms noodsaaklik is.
Hy glo daar is vir veral jongboere ‘n toekoms in Suid-Afrika.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wessels gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus
