On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:51 Thu, 31 Oct 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Hy praat oor die inflasiekoers wat ‘n belangrike rigtingwyser is vir die stand van die land se ekonomie. Terwyl inflasie in Suid-Afrika onder beheer is beteken die amptelike inflasiesyfers nie veel vir die man op straat nie, want indien prysverhogings vergelyk word, is dit in talle opsigte veel hoër vir verbruikers.  Daarmee saam is daar al hoe meer druk op die Sentrale Bank om rentekoerse te laat daal as ‘n poging om ekonomiese groei te stimuleer. Daarom gebruik plaaslike verbruikers die bestaande lae rentekoerse, wat steeds hoog in terme van wêreldstandaarde is, om hul skuld te konsolideer, terwyl daar gevolglike lae tot geen groei in verbruiksbesteding is nie. Daarmee saam belemmer stygende werkloosheid ook enige kollektiewe wil deur verbruikers om meer te koop.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, slegs op OFM.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.