Agri Hour
Ekonomiese hervorming benodig alle betrokkenes─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:57 Fri, 01 Nov 2019
Ekonomiese toestande in Suid-Afrika sien nie goed daarna uit nie.
Dit nie 'n positiewe prentjie vir die land nie, veral met skuldvlakke wat verhoog en die moontlikheid vir verdere belastinguitbreidings, wat na verwagting in volgende jaar se begroting in Februarie aangekondig kan word. Ekonomiese groei is swak en daar is 'n tekort op belasting wat ingewin moet word deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Dit kom neer op sowat R58 miljard. Die Landbousakekamer, Agbiz, se uitvoerende hoof, John Purchase, sê hy glo die Minister van Finansies, Tito Mboweni, en ander betrokkenes in die regering weet wat vereis word van die regering in terme van ekonomiese hervorming. Purchase se reaksie kom op Mboweni se mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR).
Hy sê egter daar is sekere betrokkenes in die regering wat nie bereid is om dié hervorming in plek te stel nie. Purchase meen Suid-Afrika het 'n probleem ten opsigte van die politieke situasie binne die ANC wat Mboweni in werklikheid beperk in terme van die hervormings wat hy in plek moet stel.
Staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), wat geprivatiseer moet word, is onder meer hier ter sprake. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Purchase gepraat...
OFM-nuus
