On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agbiz: MTBR skets bleek prentjie, maar Mboweni steun op landbou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:43 Mon, 04 Nov 2019

Agbiz: MTBR skets bleek prentjie, maar Mboweni steun op landbou | News Article
Dr. John Purchase van Agbiz FOTO: Verskaf

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, se mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) het wel 'n minder positiewe prentjie vir Suid-Afrika se ekonomie geskets, maar sy fokus op die landboubedryf is 'n ligpunt.


John Purchase, die uitvoerende hoof van die Landbousakekamer, Agbiz, sê die feit dat Mboweni die landboubedryf breedvoerig in sy ekonomiese besprekingsdokument ingesluit het, wat onlangs vir kommentaar gepubliseer is, bring hoop. Purchase sê die feit dat Mboweni in dié dokument breedvoerig oor die landboubedryf uitgebrei het, toon hy beskou landbou as die sektor wat tot die land se ekonomiese groei kan bydra. Volgens Purchase sluit dit die hele landbouwaardeketting in, van verwerking tot die uitvoer van produkte wat 15% van die totale Bruto Binnelandse Produk (BBP) is.

Purchase sê die bestuur van water in die land is ook in dié dokument vervat en daar word nou saamgewerk met die Departement van Water, Sanitasie en Menslike Nedersetting om 'n beter sisteem, veral in terme van die toekenning van waterregte, aan alle boere in plek te stel. Waterhervorming moet geskied in Suid-Afrika, sê hy.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.