On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Almal, boere ook, moet verantwoordelikheid neem vir veesiektes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:20 Wed, 13 Nov 2019

Almal, boere ook, moet verantwoordelikheid neem vir veesiektes | News Article
FOTO: Nasionale Dieregesondheidsforum

Suid-Afrikaanse boere wat handel dryf met vee moet nou verantwoordelikheid aanvaar vir die uitbreking van veesiektes in hul kuddes.


Dr. Pieter Vervoort, uitvoerende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, sê alle betrokkenes, insluitende die regering, is op nasionale en provinsiale vlak aanspreeklik vir die uitbreking van siektes soos bek-en-klouseer. Dit kom nadat gevalle van dié virussiekte verlede week in ‘n beeskudde op ‘n kommersiële plaas in Molemole in Limpopo bevestig is. Dit is die tweede uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika vanjaar, nadat beeste in Januarie in die Vhembe-distrik, ook in Limpopo, positief vir dié virussiekte getoets het.

Hy sê die bek-en-klouseer virussiekte is slegs een van die simptome in Suid-Afrika wat op ‘n gebrekkige bestaande stelsel dui. Daar moet deurlopend gewaak word daarteen dat veesiektes nie oor die landsgrense na Suid-Afrika versprei nie. Dit is daarom belangrik dat elke boer goed ingelig en op sy hoede is wanneer dit kom by siektes wat hul kuddes bedreig. Volgens Vervoort moet boere besef hulle is die eerste skakelpunt vir ‘n veesiekte in Suid-Afrika en daarom moet hulle noue kontak met hul private veeartse of staatsveeartse hê wanneer hulle vermoed hul diere is siek. Hy beklemtoon opnuut die belang van ‘n goeie naspeurbaarheidstelsel vir boere se veekuddes, asook die feit dat goeie biosekuriteitstelsels in plek moet wees sodat siektes nie in kuddes ingebring word nie.)

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vervoort gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was dr. Pieter Vervoort, uitvoerende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.