On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:39 Thu, 14 Nov 2019

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher.


Hy sê met droogtetoestande en nog ‘n geval van bek-en-klouseer in Limpopo, asook ander uitdagings in die landboubedryf, is dit moeilik om te fokus op kwessies wat buite die grensdrade van toepassing mag wees. Van die kwessies is die vierde industriële revolusie.

Volgens Laubscher kan die landboubedryf egter nie losgemaak word van dié verwikkelinge in dié verband nie, en wil trouens ook nie uitgesluit word nie. Sonder om in groter besonderhede in te gaan ten opsigte van die tegnies sy van dié rewolusie, moet daar kennis geneem word van die vereistes wat gestel gaan word. Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) het vervolgens ‘n reeks artikels gepubliseer oor die vereistes van leierskap.  Dit sluit in verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid, entrepreneuriese leierskap, stelselleierskap, aanpassings van en binne gemeenskappe, leierskap ten opsigte van aanvaarding van noodsaaklike/onafwendbare veranderings en tegnologiese leierskap.  Dit is veral op die gebied van stelselleierskap wat die vierde industriële rewolusie van toepassing is.

Verskeie nuwe velde moet oorweging geniet, waaronder die tydigheid en betroubaarheid van die vloei van inligting. Kubermisdaad is aan die orde van die dag en daar moet aanvaar word dat dit ook ‘n invloed op plaasvlak kan hê.

Hy meen etiek gaan dus die wagwoord wees, maar die klem sal vir die voorsienbare toekoms op die insameling, verwerking en implementering van inligting wees. “Dit sal nou nodig word om die boer op die plaas te bemagtig om as verlengstuk te dien van higiëne-netwerke.” 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Laubscher gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.



OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.