On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Noord-Kaapse ekonomie kan ineenstort sonder dringende regeringsingryping

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:32 Mon, 18 Nov 2019

Noord-Kaapse ekonomie kan ineenstort sonder dringende regeringsingryping | News Article

Daar is dele in die Noord-Kaap wat sedert 2012 gebuk gaan onder droogtetoestande.


In dié toestande wend boere hul spaargeld aan wat vinnig uitgeput word om te oorleef. Hul veekuddes word uitgedun wat lei tot ‘n daling in hul inkomste. Dan word daar gesteun op lenings om te oorleef en verbande word uitgeneem, maar ook daardie geld raak op. Veevoeraankope is duur en daar is boere wat nie hul kinders se skoolgeld kan betaal nie en voor hulle hul oë uitvee is daar kommer oor waar hul volgende kos vandaan gaan kom. Willem Symington, adjunk-president van Agri Noord-Kaap, sê dit grens aan ‘n humanitêre krisis.

Hy sê die droogte het ‘n geweldige groot impak op gemeenskappe in landelike gebiede in dié provinsie. Die hele plattelandse ekonomie in die Noord-Kaap is gebasseer op die landboubedryf en as boere se geld opraak, lei dorpe daaronder. Symington sê 70% van die provinsie word ernstig geraak deur die droogte en is in die gevaar om ineen te stort. Dit is juis dan dat ‘n mens nie anders kan as om van ‘n humanitêre krisis te praat nie. Die Noord-Kaapse landboudepartement se eie beramings vir droogtehulp was aanvanklik R420 miljoen wat deur die provinsie benodig word om veevoer aan te koop in ‘n tydperk van drie maande. Hy sê dié skatting het egter verhoog na sowat R600 miljoen.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.