On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

#OFMFarmerDay: OFM se hart klop warm vir landbou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:40 Mon, 25 Nov 2019

#OFMFarmerDay: OFM se hart klop warm vir landbou | News Article
Michelle Marias en Wian Visser landboustudentwenners van die Universiteit van die Vrystaat (UV) FOTO: Verskaf

OFM ondersteun boere oor die land heen, wat kos vir mense wêreldwyd produseer.


Daarom nooi OFM en ons hier by die Before Dawn-landbouprogram luisteraars uit om betrokke te raak by die inisiatief: “Sê Dankie Aan Boere.” Ons moedig luisteraars aan om vandag hulde te bring aan boere, wat jy ken of raakloop deur met hulle blad te skud.

Deel foto’s en jou ervaring op sosiale media. Gebruik die hutsteken #OFMFarmerDay. OFM, die klank van jou lewe, ons hart klop warm vir landbou. As deel van die inisiatief het OFM met Michelle Marais, ‘n honneursstudent in landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), gepraat oor haar toekoms in die landboubedryf en waarom dié bedryf haar eerste keuse was. 

Marais en Wian Visser, ook van die UV, was onder die Old Mutual Landboustudent van die Jaar-kompetisie se nasionale wenners. Marais en Visser het onderskeidelik in die landbou-ekonomie- en gewasbou-afdelings gewen.  Pieter Theron van Stellenbosch Universiteit (US) was die wenner in vanjaar se veekunde-afdeling.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Marais gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Michelle Marais, ‘n honneurstudent in landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Skakel Dinsdagoggend in op Before Dawn van 05:00 tot 06:00 wanneer Wian Visser, die wenner in gewasbou-afdeling van Old Mutual Landboustudent van die Jaar-kompetisie, vertel van dié eerbewys.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.