On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Nuutgestigte Bek-en-klouseer-forum pak stryd teen dié virussiekte in Limpopo aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:10 Mon, 25 Nov 2019

Nuutgestigte Bek-en-klouseer-forum pak stryd teen dié virussiekte in Limpopo aan | News Article

Die Bek-en-klouseer-forum, wat uit verskeie betrokkenes in die rooivleisbedryf bestaan, is gestig en wil nou saamwerk met die Departement van Landbou, om bek-en-klouseer in Limpopo vinnig en doeltreffend te beheer.


Dié forum is verlede week gestig nadat die lewende hawe afslaershuise, André Kock en Seun, asook Vleissentraal en kommunale boere, besluit het om 'n vergadering in Bela-Bela te hou. Paul van Vuuren, direkteur van André Kock en Seun in Limpopo, en voorsitter van dié forum, sê boere van oor die land heen, en verteenwoordigers van die Rooivleisprodusente-organisasie, asook die Direkteur-Generaal (DG) van die Departement, Michael Mlengana, was byeen.

Hulle wou meer duidelikheid van die bek-en-klouseer-uitbreking in die Molemole-distriksmunisipaliteit hê. Hy sê produsente is nie geken in die departement se versoek dat alle veilings van lewende hawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes tydelik gestaak word nie. Die departement se versoek dat veilings van lewende hawe tydelik verbied word in dié vier provinsies, het baie vrae laat ontstaan. Daar was groot kommer dat die nodige maatreëls met betrekking tot dié versoek nie in plek gestel is nie. Hy sê dié tydelike verbod laat die rooiligte flikker ten opsigte van die verspreiding van bek-en-klouseer na ander provinsies met produsente en kleinboere wat hul beeste na veilings elders gaan vervoer. Sowat 20 duisend beeste in Limpopo het glo bek-en-klouseer en altesaam 17 plase word geraak. Die departement kon nog nie dié getal bevestig nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Paul van Vuuren, direkteur van die veilingshuis, André Kock en Seun, in Limpopo. Skakel Dinsdagoggend in op Before Dawn wanneer Van Vuuren verder praat oor produsente se rol om te verhoed dat bek-en-klouseer na ander provinsies versprei. Hy praat ook oor protokol wat gevolg kan word met die vervoer van diere met gesplete hoewe.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.