On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Bek-en-klouseer: Beperk vervoer van gesplete hoefdiere vir eers, pleit forum

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:15 Tue, 26 Nov 2019

Bek-en-klouseer: Beperk vervoer van gesplete hoefdiere vir eers, pleit forum | News Article

Die vervoer van lewende hawe, veral diere met gesplete hoewe, moet nou tot die minimum beperk word ná die jongste uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo in die Molemole munisipale distrik.


Dit is word nou deur die regering en alle betrokkenes in die rooivleisbedryf beklemtoon. Paul van Vuuren, direkteur van die veilingshuis André Kock & Seun in Limpopo, wat nou ook die voorsitter van die nuutgestigte Bek-en-klouseer-forum is wat uit verskeie betrokkenes in die rooivleisbedryf bestaan, sê produsente moet nou alles in die stryd werp om nie hul diere na slagpale of speenkalwers na voerkrale te vervoer nie. Dié diere moet eers 30 dae op ‘n betrokke plaas wees en moet ook deur ‘n private veearts of staatsveearts ondersoek word voordat hulle vervoer word. Kock sê dit is sy raad aan alle boere, nie slegs aan diegene in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes nie waar die Departement van Landbou nou versoek het dat veilings van lewende hawe tydelik opgeskort moet word.

Dié forum is verlede week gestig nadat die lewende hawe afslaershuise, André Kock & Seun, asook Vleissentraal en kommunale boere, besluit het om 'n vergadering in Bela-Bela te hou. Van Vuuren sê boere van oor die land heen, en verteenwoordigers van die Rooivleisprodusente-organisasie, asook die Direkteur-Generaal (DG) van die Departement, Michael Mlengana, was byeen. Dié forum wil nou saamwerk met die departement om bek-en-klouseer in Limpopo vinnig en doeltreffend te beheer. Hy sê die forum gaan nou voorleggings indien aan die departement, wat onder meer beheerpunte voorstel.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Vuuren gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus







Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.