On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

DA kap die ANC-regering oor landelike veiligheid

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:42 Wed, 27 Nov 2019

DA kap die ANC-regering oor landelike veiligheid | News Article
FOTO: Bloemfontein Courant

Die DA in Noordwes hou die ANC-regering direk verantwoordelik vir landelike veiligheid. ‘


'n Lid van die Provinsiale Wetgewer, en DA-woordvoerder vir landbou en landelike ontwikkeling, Jacqueline Theologo, sê die aanval op Schalk van der Merwe en sy vrou Lettie op hul plaas naby Wolmaransstad is ‘n trauma wat deur geen trooswoorde gesus kan word nie. Schalk se lyk is in ‘n skaapkraal gekry, terwyl Lettie in hul plaashuis aangerand is. Theologo sê landelike gemeenskappe het prooi geword vir gewelddadige en wrede misdaad weens die polisie se versuim om kundige en goed opgeleide polisiebeamptes beskikbaar te stel om voorvalle soos dié te ondersoek.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Volgens haar is die DA toegewyd tot gemeenskappe se veiligheid en het dié party R1 miljard beskikbaar gestel vir ‘n veiligheidsplan in die Wes-Kaap. Sy sê die DA sal volgehoue druk op die regering plaas om landelike veiligheid op die voorgrond te stel.

Dit was Jacqueline Theologo, lid van die Provinsiale Wetgewer, LPW, en DA-woordvoerder vir landbou en landelike ontwikkeling in Noordwes.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.