On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

OVK-wolmarkverslag: Wolvolumes in pakhuise verminder weekliks

───   05:57 Fri, 29 Nov 2019

OVK-wolmarkverslag:  Wolvolumes in pakhuise verminder weekliks | News Article
FOTO: OVK

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weekslikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


Heinrich Victor,  operasionele bestuurder van vesel by OVK, sê die 13de veiling van die 2019/20 seisoen het vandeesweek plaasgevind. Die Cape Wools merino-aanwyser het met 0,1% en met 24 punte laer verhandel en teen 'n skoonprys van R196,17 per kg gesluit .


Die Australiese EMI het ooreenkomstig met 1,6% gedaal. Daarmee saam het die rand 0,2% swakker  teen die Amerikaanse Dollar en 0,5% sterker teen die Euro verhandel. Volgens Victor het goeie gehalte medium lente tipes wol vandeesweek aandag getrek by kopers. Die grootste styging was 1,7% in die 19,5 mikron segment.

Victor sê die Suid-Afrikaanse wolmark bly dus onveranderd, maar het tog effens laer presteer, maar beter gevaar as die Australiese mark.  

Die volume wol in makelaars se pakhuise is weekliks 74%, wat onrusbarend is.

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Dié wolmarkverslag is moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weekslikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.