On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriSA: Daar is knelpunte in regering se meesterplan vir water, sanitasie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:53 Wed, 04 Dec 2019

#AgriSA: Daar is knelpunte in regering se meesterplan vir water, sanitasie | News Article

Die regering se meesterplan vir water en sanitasie is 'n lang verwagte dokument wat die Departement van Water en Sanitasie se geformaliseerde beleid rondom waterhulpbronbestuur in geheel bevat.


Dit is 'n goeie aanduiding oor die departement se beleid in 'n landboukonteks oor probleme en uitdagings sowel as geleenthede rondom die bestuur van water in Suid-Afrika. So sê Janse Rabie van Agri SA in reaksie op die bekendstelling van dié plan deur Minister Lindiwe Sisulu. Rabie meen dit laat ruimte vir onder meer georganiseerde landbou om insette te lewer en nou saam met die regering in dié verband te werk. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Janse meen daar is sekere aspekte in dié plan wat positief is en deur Agri SA ondersteun word. Dit sluit veral die feit in dat dié plan nou uiteindelik op die tafel is. Hy sê die plan is goed saamgestel, veral met betrekking tot die uitdagings rondom die beskikbaarheid van water, klimaatsverandering, swak infrastruktuur en die bestuur van water in die algeheel. Daar is egter aspekte waaroor Agri SA bekommerd is. Janse sê die departement is al vir bykans 'n dekade besig met 'n verifikasie en validasie-proses. Dit is 'n proses wat daarop gemik is om te bepaal wie gebruik water en die tipe water, asook waar dit gebruik word. Daarmee saam bepaal dit ook wie vir die water betaal en die koste daarvan.

Dit was Janse Rabie van Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne by dié organisasie se Sentrum van Uitnemendheid. 

Agri SA, slegs op Before Dawn. Skakel Donderdagoggend in op Before Dawn tussen 05:00 en 06:00 wanneer Janse nog positiewe en negatiewe punte van die regering se meesterplan vir water en sanitasie uitlig.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.