Agri Hour
Regering het onfeilbare plan om watergehalte te bevorder─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:45 Thu, 05 Dec 2019
Die Departement van Water en Sanitasie se meesterplan, wat deur Minister Lindiwe Sisulu bekendgestel is, beklemtoon die belangrikheid van watergehalte.
Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne van dié organisasie se Sentrum van Uitnemendheid, Janse Rabie, sê dít is ‘n groot pluspunt wat in dié plan vervat is. Hy sê munispaliteite maak hulle hoofsaaklik skuldig aan waterbesoedeling. Dit sluit nie slegs water in riviere vir besproeiingsdoeleindes in nie, maar drinkwater word ook besoedel.
Hy sê dit is egter ‘n stap in die regte rigting dat dié meesterplan voorsiening maak vir die gedetaileerde opleiding vir amptenare rakende die munisipale bestuur van water. Agri SA het dié plan, wat geformaliseer is rondom waterhulpbronbestuur, verwelkom en beskou dit as ‘n goeie riglyn, in terme van die departement se beleid in 'n landboukonteks oor probleme en uitdagings, sowel as geleenthede rondom die bestuur van water in die land.
Volgens hom bevat die plan positiewe en negatiewe aspekte. Die regering se plan om uitdagings soos die beskikbaarheid van water, klimaatsverandering, swak infrastruktuur en die bestuur van water in geheel aan te spreek, is ‘n stap in die regte rigting.
OFM se Christal-Lize Muller het met Rabie gepraat…
Sien onderstaande PODCAST
Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
OFM-nuus.
