On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Die beste van Before Dawn: Kroonstad-boer vertel van sy nagmerrie-ervaring tydens veldbrand

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:23 Tue, 17 Dec 2019

Die beste van Before Dawn: Kroonstad-boer vertel van sy nagmerrie-ervaring tydens veldbrand | News Article

Sterk windtoestande het in September oor 'n groot deel van die Vrystaat en Noordwes voorgekom, met verskeie veldbrande wat in gebiede gewoed het.

Met die brandseisoen wat toe in volle swang was, het OFM-nuus se Christal-Lize Muller met 'n 66-jarige boer van Kroonstad,  Mof Myburgh, gepraat, wat met groot dankbaarheid teruggekyk het na 6 September 2019, toe hy 40% brandwonde in 'n wegholveldbrand opgedoen het. Dit het gebeur toe Myburgh saam met boere in dié distrik 'n veldbrand naby sy plaas, Panorama, probeer blus het.

Hy vertel 'n sterk wind van sowat 65km per uur het gewaai en die brand het vinnig versprei toe hy onverhoeds betrap is.

 Die brand het uit 'n noordwestelike rigting teen 'n vinnige pas nader gekruip en Myburgh saam met ander boere met hulle vuurvegters het gepoog om die brand van agter te blus. Die wind het skielik van rigting verander, vertel hy. Myburgh het op daardie oomblik presies besef wat verder gaan gebeur. Dit was nie vir hom 'n verassing nie, en hy het besef wat die gevolge inhou.  Hy het sy hoed oor sy gesig geplaas en deur die brand gehardloop.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gesels... 


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.