Agri Hour
Beste van Before-Dawn: Aggeneys-distrik bykans ‘n woestyngebied - #LandbouHoop─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:12 Thu, 19 Dec 2019
Daar is groot dankbaarheid in die Aggeneys-distrik in die Noord-Kaap nadat Boeredroogtehulp SA Donderdag ‘n vrag vol groot bale van mieliereste afgelewer het.
Hester Maasdorp, wat op die plaas Zuurwater met skape, beeste en bokke boer, sê dit is ‘n onbeskryflike gevoel wanneer mense uitreik na boere om hulp te verleen. Sy sê die impak van die droogte in dié gebied is kritiek. Sy en haar man, Deon, se plaas is ‘n semi-woestyn met geen plantegroei meer nie en daar is slegs rooisand waar ‘n mens kyk.
Dié graad van droogte is vir hulle baie erg en ‘n uiterste slegte situasie, verduidelik sy.
Maasdorp sê hulle oorleef slegs op Deon, wat by die plaaslike myn in dié gebied werksaam is, se inkomste. Dit gaan broekskeur, maar hul kernkudde, wat aansienlik verminder moes word weens geen weiding op die plaas nie, se voeding is vir hulle van groot belang en hulle poog deurlopend om geld af te knyp vir veevoer, maar vervoerkoste is duur.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Maasdorp gepraat….
