Agri Hour
Beste van Before-Dawn: #Net'nDruppel: Droogtehulpskenkings gee moed aan Noord-Kaapse boere─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:15 Thu, 19 Dec 2019
Dit het in die afgelope twee weke kol-kol in die Noord-Kaap gereën, en boere is dankbaar vir elke druppel en vir die noodleningshulp wat hulle van regoor die land ontvang.
‘n Noord-Kaapse boer van die plaas Stofbakkies in die Van Wyksvlei-distrik, wat platgeslaan is deur die voortslepende droogte, het weer moed gekry danksy weldoeners se ondersteuning en droogteskenkings. Carl van der Merwe en sy vrou, Shanie, het ‘n laagtepunt bereik in hul lewens weens die droogte, maar toe hy ‘n pakkie met noodsaaklike items en sanitêre ware van ‘n huis vir gestremdes in Brandfort in die Vrystaat ontvang het, het sy gemoed verander.
Van der Merwe se plaas is onlangs besoek tydens GWK en Agri Noord-Kaap se “Net ‘n Druppel”-projek om boere se groot nood in die droogtetoestande aan die res van die land oor te dra.)
OFM-nuus se Blaine Jones het met Van der Merwe gepraat….
