On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

'Privaat gedrewe grondhervoming die antwoord'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:28 Wed, 19 Feb 2020

'Privaat gedrewe grondhervoming die antwoord' | News Article
Nick Serfontein FOTO: OFM-nuus

Dit is noodsaaklik dat grondhervorming suksesvol in Suid-Afrika plaasvind, want ná 25 jaar is die regering nie in staat om dit te doen nie.


Dit is volgens Nick Serfontein, 'n Vrystaatse leierboer en voorsitter van die Sernick-groep, wat die bekendstelling van die Landbou-ontwikkelingsagenskap, AGDA,  op die Agri Tech konferensie en ekspo in Pretoria bygewoon het. Serfontein was ook nou betrokke om dié agenskap op die been te bring. Hy meen die private sektor, landboubesighede, banke en kommersiële boere het die geleentheid om byeen te wees met dié langverwagte agentskap, en gaan daarin slaag om grondhervorming in Suid-Afrika suksesvol te laat geskied. Hy sê daar is geen twyfel daaroor nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Serfontein oor die inisiatief gepraat en sy kommentaar gekry oor die opheffing van die tydelike nasionale verbod op die samekoms van spleethoewige diere wat in plek gestel is nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het...


Sien onderstaande PODCAST


Serfontein sê die opheffing van dié verbod is goeie nuus want talle produsente het staatgemaak op tradisionele veilings van lewende hawe om 'n bestaan te voer. Dié verbod het daartoe gelei dat daar 'n tekort aan vleis in Suid-Afrika was en die prys van vleis het toe verhoog. 

Serfontein, wat ook 'n lid was van die presidensiële raadgewende paneel oor grondhervorming, meen verder dat grondonteiening sonder vergoeding met betrekking tot die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet politiekery is. Hy glo vas dit gaan nie plaasvind nie. Hy glo verlate geboue en onproduktiewe grond kan wel onteien word, terwyl daar duisende hektaar grond, hoofsaaklik staatsgrond, is waarop daar geen produksie plaasvind nie. In sy mening behels dit sowat 15 miljoen hektaar onproduktiewe grond en dit sluit grond in kommunale gebiede in.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.