On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere, polisie en nooddienste vinnig op hul pos ná aanval op Vrystaatse vroueboer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:57 Tue, 25 Feb 2020

Boere, polisie en nooddienste vinnig op hul pos ná aanval op Vrystaatse vroueboer | News Article

Die landelike veiligheidsplan is die naweek suksesvol in werking gestel nadat ‘n vroulike kommersiële boer wreed op haar huurplaas in die Soutpan- en Glen-gebied aangeval is.


Mimie Jacobs, wat in 2016 as die Vrystaat se beste vroulike boer in die afdeling vir opkomende boere aangewys is, was Saterdagaand omstreeks 20:00 in haar plaashuis toe drie mans, gewapen met messe, haar aangeval het. Sy is gewond. Jane Buys, ‘n veiligheidsrisiko-ontleder by Vrystaat Landbou (VL), sê Jacobs kon haarself bevry nadat haar aanvallers op die vlug geslaan het. Sy het te voet hulp by ‘n buurplaas gaan soek. Sowat 25 boere, asook die polisie en nooddienste, het vinnig gereageer toe die landelike beveilingsplan gemobiliseer is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Buys gepraat…


Sien ondersaande PODCAST


Buys sê die gebied is gefynkam op soek na Jacobs se aanvallers, maar niemand is sover bekend nog in hegtenis geneem in verband met dié aanval nie. Daarmee saam sê Buys verskeie tendense ten opsigte van aanvalle op plase en kleinhoewes in die Vrystaat, sedert 1 April tot 31 Desember verlede jaar, is opmerklik.

VL en die BK-veiligheidslessenaar se analise oor plaasaanvalle en –moorde is op ‘n finansiële jaargrondslag geskoei, wat dieselfde termyn is waarvolgens die polisie sy statistieke bepaal.

Daar was volgens VL se statistieke in dié tydperk verlede jaar altesaam 43 aanvalle op plase en kleinhoewes in die Vrystaat, sê Buys. Daarvan was altesaam agt moorde. Plaasaanvalle in dié nege maande is meer teenoor die vorige hele finansiële jaar se 48 aanvalle. Daar is dus ‘n toename van 30% in aanvalle op plase en ‘n 50%-toename in terme van moorde.

Tydens dié tydperk is ‘n produsent vermoor, terwyl geen bestaans- of opkomende boer vermoor is nie. Dié statistieke deur VL toon ook dat drie werknemers op plase vermoor is en altesaam vier mense, wat op plase gebly het, is ook vermoor. Buys sê in terme van plaasaanvalle is daar dus 'n duidelike tendens dat daar meer werkers asook mense wat op plase bly, aangeval word. Sy sê daar was 37 plase en ses kleinhoewes wat in dié tydperk geteiken is.

Daarmee saam is daar ook ‘n aanduiding dat 13 aanvalle moontlik deur buitelanders wat die Lesotho-grens oorgesteek het, uitgevoer is. Buys sê die oudste slagoffer was 81 en in 72% van die aanvalle is individue geteiken. Die getal aanvallers ontsluit ook ‘n probleem in die sin dat hulle per aanval wissel tussen twee tot sewe mense. Dit is die situasie in bykans 75% van die gevalle. Aanvalle op plase en kleinhoewes is grotendeels vanaf Vrydae tot Sondae. Dit geskied vanaf 18:00 smiddae tot 06:00 soggens in nagtelike ure.

Dit was dr. Jane Buys, ‘n veiligheidsrisiko-ontleder by Vrystaat Landbou (VL). Sover bekend is nog niemand in verband met die aanval om Mimie Jacobs in hegtenis geneem nie. Sy is in ‘n bestendige toestand. Enigiemand met inligting oor dié aanval kan hul naaste polisiekantoor bel.  


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.