Agri Hour
RPO: #Koronavirus kan rooivleispryse later raak─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:48 Fri, 20 Mar 2020
Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, glo produsente kan 'n wesenlike rol speel om die verspreiding van die koronavirus in Suid-Afrika te bekamp.
Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van dié organisasie, sê die organisasie hanteer dié situasie met die nodige erns. Daarmee saam is dit noodsaaklik dat die bestaande maatreëls, wat in plek is om die verspreiding van die koronavirus te verhoed, streng toegepas moet word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Schutte meen die koronavirus gaan beslis 'n impak op die ekonomie hê wat weer 'n impak gaan hê op die verbruiker en die prys van rooivleis, maar vir nou koop verbruikers rooivleisprodukte aan en nog geen negatiewe terugvoer is ontvang rakende die uitvoer van rooivleisprodukte nie.
Hy glo ook die landboubedryf is in 'n nuwe era en met bek-en-klouseer en die Covid-19-virus wat 'n realiteit is, ook in Suid-Afrika tree selfregulering nou sterk na die voorgrond.
Schutte meen egter ten opsigte van die tentoonstelling van diere (landbouskoue) asook veilings, word daar reeds verantwoordelik opgetree in terme van die bestaande voorsorgmaatreels wat deur die regering in plek gestel is om die verspreiding van die koronavirus te verhoed.
OFM-nuus
