Agri Hour
Prys van lewende hawe op veilings verswak─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:47 Thu, 16 Apr 2020
‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê daar is nie goeie nuus ná vandeesweek se veiling nie. Die prys van vee het verswak, terwyl die informele mark in duie gestort het. Speenkalwers onder 200kg het teen R32,15 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R29,51 en speenkalwers oor 250kg het teen R26,37 per kg verkoop.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste - R25,20 per kg
B-klas beeste - R19,57 per kg
C-klas vet koeie - R18,63 per kg
Maer koeie - R16,88 per kg
Slagbulle - R20,89 per kg
Skape:
Stoorlammers - R31,04 per kg
Slaglammers - R30,88 per kg
Stoorskape - R20,01 per kg
Vetskape - R21,07 per kg
Bokke
Lammers - R30,00 per kg
Ooie - R20,33 per kg
Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus
