On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Lewende hawe veilings is deel van essensiële rooivleisproduksie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 00:31 Thu, 23 Apr 2020

Lewende hawe veilings is deel van essensiële rooivleisproduksie | News Article
FOTO: RPO

Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, het die onsekerheid, rondom die aanbied van veilings van lewende hawe, tydens die nasionale Covid-19-grendeltydperk, reeds onder die aandag van die landbouminister, Thoko Didiza, gebring.


Dit kom nadat dié organisasie klagtes ontvang het oor voorvalle waar die polisie glo gedreig het om dié veilings te stop. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die RPO, sê die polisie doen goeie werk en tree volgens direktiewe op, maar dit is duidelik dat landbou en spesifiek rooivleisproduksie ‘n essensiële diens in die hele waardeketting is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het vroeër vandeesweek met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Schutte sê Didiza dit is op rekord dat Didiza gesê het dat rooivleisproduksie essensieël is en daarom moet veilings funksioneer. Hy sê veral kleinboere het geen ander alternatief om hul diere te bemark nie, en maak op veeveilings vir kontantvloei staat. Hy sê die kwessie rondom dié veilings is aan Didiza voorgelê en die RPO wag nou op 'n antwoord. 

Dit was Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, slegs op die Agri-Uur. Intussen het Michael Mlengana, direkteur-generaal van die departement van landbou, gister 'n inligtingstuk uitgestuur, waarin dit duidelik gestel word, dat veilings van alle tipes lewende hawe, beeste, wol, sybokhaar, huide en velle, tydens die nasionale inperking, toegelaat word. Die verkoop van drank word egter steeds streng verbied.    


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.