Agri Hour
Rasgenootskappe pronk op Bloemskou-aanlynplatform─── CHRISTAL-LIZE MULLER 23:23 Mon, 27 Apr 2020
Die afstel vanjaar van die groot en gewilde trekpleister vir die landboubedryf, naamlik die Bloemskou, weens die situasie rondom die Covid-19-pandemie, het 'n groot negatiewe uitwerking op uitstallers en die betrokkenes van verskeie rasgenootskappe.
Dié skou sou vanjaar vanaf 24 April tot 2 Mei in Bloemfontein plaasvind. Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof, sê om uitstallers te ondersteun en die publiek die teleurstelling te spaar, is 'n aanlynplatform geskep om die Bloemskou elektronies te ervaar. 'n Groot gedeelte van die daaglikse hoogtepunte op die oorspronklike program, ten opsigte van kunstenaars, is vanaf Vrydag aanlyn beskikbaar. Die onderskeie rasgenootskappe kry ook die geleentheid om hulself bekend te stel op dié platform. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Prinsloo sê hoewel die onderskeie raskampioenskapbyeenskomste nie plaasvind nie, word die betrokke rasgenootskappe nie agterweë gelaat nie. Kenmerke van die onderskeie rasse, asook foto's, sal op dié platform beskikbaar gestel word. Sy sê die Bloemskou se program volgende jaar gaan propvol wees wanneer dié altesaam 29 kampioenskapbyeenkomste, waarvan nege nasionale kampioenskapbyeenkomste en een 'n wêreldskou sou wees, vanaf 23 April tot 1 Mei aangebied word.
Die platform is geskep om hoop te vestig, sê sy. Besoek Bloemskou se webtuiste of sosiale mediaplatforms vir dié aanlyn-ervaring.
Dit was Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof, van die Bloemskou slegs op die Agri-Uur.
OFM-nuus
