On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 17 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is die Amerikaanse mielieaanplantings vir die seisoen reeds afgehandel. 

Die weeklikse mielie-produksietoestande word op 71% goed tot uitstekend geskat, wat swakker is as verlede week se 75% wat as goed tot uitstekend beskou is.

Die plaaslike mieliemark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R38 per ton hoër verhandel om teen R2 468 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R25 per ton hoër verhandel om teen R2 575 per ton te sluit.


Sojabone:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is die Amerikaanse sojaboonaanplantings 93% voltooid. Dit is beter as die vyf jaar gemiddelde tempo van 88% wat voltooid was teen dieselfde tydperk van die seisoen.

Die weeklikse sojaboon-produksietoestande word op 72% as goed tot uitstekend geskat en dit is onveranderd sedert verlede week se skatting.

Die plaaslike sojaboonmark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande, wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie vanjaar, R55 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 663 per ton te sluit.


Koring:

Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 15% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen gestroop. Dit is in lyn met die vyf jaar gemiddelde tempo.

Die Amerikaanse winterkoringoes word op 50% as goed tot uitstekend geskat, terwyl 81% van die Amerikaanse lentekoring op goed tot uitstekend geskat word.

Die plaaslike koringmark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R7 per ton hoër verhandel om teen R5 181 per ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.