On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 02 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Graan SA (GSA)

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het ondersteuning gevind met die nuutste verslae wat aangedui het die mielie-oppervlakte vir die seisoen is laer as wat aanvanklik verwag is.

Die weerstoestande in Amerika sal ook dopgehou word met die vooruitsigte nou wat toon dat Julie moontlik droëer kan wees.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir beide wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R93 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 590 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R94 per ton hoër verhandel om teen R2 694 per ton te sluit.

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboon-oppervlakte vir die seisoen is ook laer as wat aanvanklik verwag is en het ondersteuning aan die Amerikaanse prys gebied.

Die sojaboonprodukte (olie en oliekoek) se pryse het ook ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag,

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R103 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 908 per ton te sluit.

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het ondersteuning gevind met die oppervlakte vir die seisoen wat laer is as wat aanvanklik verwag is.

Die stroopproses van die Amerikaanse winterkoring vorder goed en dit hou die basispremies in die verskillende gedeeltes van die land onder druk.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R9 per ton laer verhandel om teen R5 400 per ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.