Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 17 Jul 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Vir die 11de week agtereenvolgens verbeter die Amerikaanse etanolproduksie en bereik dit 'n daaglikse gemiddeld van 931 000 vate per dag wat hoër as 917 000 vate per week is vir die vorige week.
Mielietermynkontrakte het vanoggend gestyg in Amerika in afwagting op 'n groter vraag na Chinese uitvoer.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het oorheersend hoër verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is van wit- en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R1 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 520 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R7/ton hoër verhandel om teen R2 615 per ton te sluit.
Sojabone:
Die stygende vraag na palmolie en kommer oor die vermindering van palmproduksie in Maleisië en Indonesië het oornag soja se mededingende voordeel in Amerika verminder.
Die verbrokkeling van diplomatieke betrekkinge tussen Amerika en China het ook die prystoenames van sojaboon onderdruk geplaas, relatief tot die vooruitgang van palmolie wat sojabone se belangrikste mededinger is.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R49 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 741 per ton te sluit.
Koring:
Die Chicago-koringtermynkontrakte het vanoggend van ‘n drie maande hoogtepunt gedaal vanweë die kommer oor koringopbrengste in die noordelike halfrond en toenemende spanning tussen die VSA en China oor 'n nuwe veiligheidswet wat in Hong Kong afgekondig is.
Kommer oor dreigende produksie-afnames ná verlede week se La Niña weervooruitsigte het die Amerikaanse koringprys ondersteuning gebied.
Die plaaslike koringmark het gister meestal wisselvallig verhandel en het hoër verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R47 per ton hoër verhandel om teen R5 700 per ton te sluit.
OFM-nuus
