On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriNK: Hartswater-moorde sterk veroordeel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 29 Jul 2020

#AgriNK: Hartswater-moorde sterk veroordeel | News Article

Agri Noord-Kaap veroordeel die aanval op 'n afgetrede bejaarde egpaar, Danie en Breggie Brand en hul dogter Elzabie, wat aangeval, ontvoer en vermoor is in die Magogong-gebied in die Noord-Kaap, ten sterkste.


Joe Scholtz, voorsitter van dié organisasie se komitee vir landelike veiligheid, sê hulle is baie ongelukkig dat 'n voorval van dié aard in hul midde plaasgevind het. Dít, veral in die Noord-Kaap wat tradisioneel 'n gebied is waar ernstige misdrywe minder as in die res van die land voorkom. Hy sê Agri Noord-Kaap spreek sy innige medelye uit teenoor die Brand-familie en die gesinslede se vriende, asook die gemeenskap.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het Dinsdagmiddag met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Daar is groot dankbaarheid vir die Hartswater-gemeenskap sowal as die polisie wat vinnig opgetree het en mekaar ondersteun het om die nodige inligting rondom dié voorval te bekom. Scholtz meen ook die Vaalharts landelike veiligheidseenheid wat op die been gebring is, se ondersteuning is ook prysenswaardig. Daarmee saam is verdagtes deur die polisie aangekeer. Dít voeg volgens hom  baie waarde toe, veral in die Vaalharts-gebied wat dig bewoon word weens die besproeiingsuitbreidings in dié gebied. "Ons is dankbaar dat almal saamgewerk het om die situasie te hanteer."

Volgens hom is enige aanval op 'n plaas of 'n kleinhoewe, asook misdrywe in die Noord-Kaap, 'n bron van kommer. Veral as daar lewensverliese is, ongeag die kultuurgroep. "Ons sal agterna indringend kyk wat verkeerd geloop het en wat was die motief vir dié voorval." Daar sal vir seker aandag daaraan geskenk word. 

Daarmee saam ondersoek die polisie steeds die tonele.  Volgens Scholtz is die polisie se samewerking goed en georganiseerde landbou het juis gister 'n vergadering met die polisie op nasionale sowel as provinsiale vlak gehad. 'n Paar knelpunte is uitgewys, wat ernstig aangespreek gaan word. Die feit dat bejaardes geteiken word, neem onrusbarend toe en is 'n groot bron van kommer vir die landbougemeenskap. Daar sal definitief gelet moet word op dié voorvalle waarin bejaardes as sagte teikens aangeval word en met die samewerking van die polisie sal oplossings in dié verband gevind moet word.  

Die aanval op die Brand-gesinslede word as 'n plaasaanval geklassifiseer, omdat dit buite die dorpsgebied plaasgevind het. Danie Brand was afgetree en nie 'n lid van Agri Noord-Kaap nie, omdat hy voor sy aftrede sy plaas verkoop het. Die egpaar was egter vir baie jare in die gemeenskap betrokke.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.