On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Vaalharts-gemeenskap staan borgtog vir Vaalharts-moordverdagtes teen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 30 Jul 2020

Vaalharts-gemeenskap staan borgtog vir Vaalharts-moordverdagtes teen | News Article
FOTO: Semanticscholar

Die gemeenskap van Vaalharts en omliggende gebiede trek vandag by die landdroshof in Hartswater saam wanneer vyf verdagtes, waaronder 'n vrou, verskyn in verband met die moord op die Brand-egpaar, Danie en Breggie, en hul dogter Elzabie.


Die Brand-gesinslede is Sondag in hul huis op 'n kleinhoewe in die Magogong-gebied naby Hartswater in die Vaalhartsbesproeiingskema aangeval en ontvoer. Elzabie se liggaam is eerste in 'n beboste gebied naby Taung in Noordwes gekry. Van die verdagtes het die plek waar hulle haar liggaam gelos het aan die polisie uitgewys. Haar ouers se liggame is Maandagmiddag gevind. Dit was nie ver van die plek waar Elzabie se lyk dieselfde dag in die vroeë oggendure gekry is nie. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê die gemeenskap gaan sigbaar wees en aan 'n protesaksie deelneem in 'n poging om die verdagtes agter tralies te hou. Hier is Jansen...  


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Agri Noord-Kaap ondersteun die gemeenskap van Vaalharts in hul protesaksie by die eerste hofverskyning van dié verdagtes vandag in die landdroshof in Hartswater.  Dit is uiters belangrik dat die gemeenskap dit ook vir die landdros, wat die verhoor hanteer, duidelik moet maak dat die land dit nie verder kan bekostig om verdagtes in moordverhore op vrye voet te laat nie. Daarom ondersteun Agri Noord-Kaap en die gemeenskap nié die vrylating op borgtog van dié verdagtes nie, sê hy.

Suid-Afrika is vasgevang in 'n greep van misdaad en geweld op alle vlakke van die samelewing, dit sluit die landboubedryf, maar ook informele nedersettings, dorpe en stede in. Gemeenskappe, sake-ondernemings en landboubedrywe lei onder die vlaag van misdaad en geweld, en dit is totaal onaanvaarbaar. Volgens Jansen dra dit by tot produsente wat nie ekonomies volhoubaar kan boer nie, terwyl gemeenskappe in vrees leef. 

Hy meen die regering sal nou 'n baie duidelike en doeltreffende standpunt rondom dié kwessie moet handhaaf en toepas, sodat wet en orde in Suid-Afrika herstel kan word.      


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.