On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 03 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit met goeie opbrengsverwagtinge.

Die druk op die Amerikaanse mark is beperk deur die rekord daaglikse uitvoerverkope ná wat aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer is. Dit is vir lewering aan China.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R31 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 701 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R37 per ton hoër verhandel om teen R2 774 per ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die verhoogde vraag na biodiesel het die sojaboon-oliepryse ondersteun, wat ondersteuning gebied het aan die sojaboonpryse.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R98 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 126 per ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het verlede week meestal sywaarts verhandel en het nie groot prysbewegings getoon aan die einde van die week nie.

Die Amerikaanse winterkoring stroopproses is vinnig besig om einde se kant toe te staan en die opbrengste lyk redelik goed.

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R15 per ton hoër verhandel om teen R4 863 per ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.