Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-verslag─── 09:19 Thu, 13 Aug 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister gemeng verhandel en het aanvanklik onder druk gekom, maar het nader aan die einde van die dag ondersteuning gevind.
Die mark was onder druk nadat die nuutste wêreld vraag en aanbod verslag bekend gemaak was, terwyl goeie uitvoerdata weer ondersteuning aan die mark gebied het.
Die plaaslike mieliemark was gister hoofsaaklik onder druk en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit- én geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2020, R42/ton laer verhandel verhandel om teen R2 795 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Sept 2020, R42 per ton laer verhandel om teen R2 845 per ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse departement van landbou verwag die tweede grootste Amerikaanse sojaboonoes op rekord vir die 2020/21-seisoen.
China se invoerprojeksies vir die seisoen, wat opwaarts aangepas is, ondersteun die internasionale sojaboonmark.
Die plaaslike sojaboonmark het gister hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike mark het vir lewering in September 2020, R65 per ton laer verhandel om teen R7 272 per ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het hoofsaaklik laer gesluit vir die dag.
Groter verwagte koringvoorraad in die Europese Unie (EU) en Rusland het druk op die internasionale koringprys geplaas.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
OFM-nuus
