On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 19 Aug 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Mieliepryse het Dinsdag in Amerika met 1% gedaal weens tegniese verkope. Gehaltebeoordelings het die afgelope week gedaal, maar nie soveel as wat ontleders verwag het nie, nadat erge storms 'n week gelede oor die Midde-Weste beweeg het.

Die gehalte van mielies het die afgelope week met twee punte gedaal, met 69% van die oes wat tans in 'n goeie tot uitstekende toestand is.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het wisselvallig verkeer oor verskeie kontrakmaande wat gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R32 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 937 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R6 per ton laer verhandel om teen R2 988 per ton te sluit.

 

Sojabone:

Sojaboonpryse volg op mieliepryse wat Dinsdag laer was tydens 'n rondte tegniese verkope, maar verliese is tot die minimum beperk nadat daar vroeër vandag nog twee groot verkope verskyn het.

Die oesgehalte van sojabone het ook verlede week met twee punte gedaal, wat ooreenstem met die ontleders se verwagtinge. 72% van die gewas word nou in goeie tot uitstekende toestand beoordeel. Nog 21% word as billik beoordeel (onveranderd teenoor verlede week), terwyl die oorblywende 7% as swak of baie swak gegradeer is (twee punte hoër as verlede week).

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het die dag se verhandelinge oor alle kontrakmaande wat tans gelys is, hoër gesluit.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R81 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 530 per ton te sluit.


Koring:

Koringpryse is Dinsdag vermeng in Amerika te midde van 'n ongelyke rondte tegniese beweging. Winterkoring-kontrakte het met meer as 1,5% gedaal weens aanhoudende bekommernisse oor groot Amerikaanse voorrade en strawwe oorsese mededinging, terwyl die lentekoringkontrakte gister nog klein winste getoon het.

Die winterkoring-oes is in die rigting van voltooiing in Amerika en beweeg van 90% 'n week gelede tot 93% op Sondag. Dit is 'n bietjie vinniger as die tempo van 2019 van 92%, maar agter die vorige vyfjaargemiddelde van 96%.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het positief verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R21 per ton hoër verhandel om teen R4 896 per ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.