Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:08 Mon, 07 Sep 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag nadat daar baie tegniese aankope in die mark gedoen is.
Die verwagting in die mark is dat Brasilië se mielie-produksie vir die 2020/21-seisoen ongeveer 115.49 miljoen ton behoort te wees, wat laer is as die vorige seisoen se produksie.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R26/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 113/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R7/ton laer verhandel om teen R3 083/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het verlede week hoofsaaklik ondersteuning gevind en het ongeveer 1.4% sterker verhandel vir die week.
Private uitvoerders het Vrydag ongeveer 318 000 se sojaboon uitvoerverkope aan die USDA gerapporteer. Dit is vir lewering aan China in die 2020/21-seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal sywaarts tot laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020 R2/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 600/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag, alhoewel die koringmark steeds naby aan die vyf-maande hoogtepunt-vlakke gesluit het.
Rusland se verwagte koringproduksie vir die 2020-seisoen behoort ongeveer 1.7% meer te wees as wat aanvanklik verwag was en die totale produksie word nou op 82.6 miljoen ton geskat.
Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal gemeng verhandel met die nabymaand kontrakte wat onder druk gekom het, terwyl die verder maandkontrakte ondersteuning gevind het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R11/ton hoër verhandel om teen R4 891/ton te sluit.
OFM-nuus
