On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere moet ag slaan op dieresiektes ná reën

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 17 Sep 2020

Boere moet ag slaan op dieresiektes ná reën | News Article
Lionel Cloete/Image: OFM News

Alhoewel daar groot dankbaarheid is vir goeie reën in die droogtegeteisterde Noord-Kaap, kom dit nie sonder probleme nie aangesien dieresiektes ook kan kop uitsteek.


Die ondervoorsitter van die plaaslike boerevereniging op Steinkopf in die Noord-kaap, Lionel Cloete, het met OFM-nuus se Elsabé Richard hieroor gesels….


Sien onderstaande PODCAST


Cloete sê sodra die somer begin, begin siektes soos Krimpsiekte sy kop uitsteek. Hy sê dit is belangrik dat boere hieraan moet aandag gee, anders verloor hulle diere as gevolg hiervan.

Ten spyte hiervan, sê Cloete hulle is baie dankbaar vir die pragtige veld wat jaarliks talle toeriste na dié streek lok.

Hy voeg egter by dat van die boere wie se plase in die oostelike dele geleë is nog nie reën gehad het nie, maar dat dié wat in die westelike dele van dié streek bly, wel goeie reën gehad het. Cloete sê verder dat Steinkopf by geleentheid sowat 60mm reën gemeet het en hy hoop dat die Boesmanland-omgewing in die komende somerreënvaltydperk goeie reënval sal ervaar aangesien boere in dié omgewing nog geen reën gehad het nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.