On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbou-ekonoom: Senekal-gebeure het landboubeeld skade berokken

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:42 Mon, 12 Oct 2020

Landbou-ekonoom: Senekal-gebeure het landboubeeld skade berokken | News Article
FOTO: OFM-nuus

Die drama wat ontvou het tydens 'n byeenkoms deur honderde mense in Senekal verlede Dinsdag toe twee moordverdagtes in die plaaslike landdroshof verskyn het weens die moord op Brendin Horner van Paul Roux, het die beeld van landbou negatief geraak.


Dít is volgens die landbou-ekonoom Kobus Laubscher, wat meen  elke mens het die reg om sy mening uit te spreek, maar dit gaan egter oor die wyse waarop dit geskied het. 'n Polisievangwa is ook tydens dié gebeure omgekeer en was later in ligte laaie. Skote is ook afgevuur en skokgranate is gebruik. Laubscher meen dit was 'n "ongelukkige geleentheid". OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien PODCAST aan die einde van die blad


Hy sê die emosies onder mense is te verstane, en die emosionele trauma van slagoffers se naasbestaandes kan eers werklik verstaan word deur ander mense as hulle deur dieselfde trauma is.  Dit is egter so dat die gebeure in Senekal bygedra het tot 'n minder gunstige beeld van landbou, omdat daar ook boere onder die groep mense was wat amok gemaak het.

Laubscher meen dié optrede deur 'n groep mense - wat in die minderheid was -by die Horner-verdagtes se eerste hofverskyning in Senekal, getuig daarvan dat daar mense is wat nie in staat is om hul emosies te beheer nie. Hy  meen die grootste waarde van verlede Dinsdag by Senekal sou gewees het as mense teruggestaan het en toegesien het dat die reg sy verloop neem. 

Hy meen egter daar moet ook begrip wees vir die oorkook van emosies onder mense-  en veral boere - ten opsigte van die onveilige situasie waarin hulle hulself veral in landelike gebiede bevind.  Dit moet ook in ag geneem word dat daar in dieselfde gebied (Senekal/Paul Roux) na bewering al vir 'n geruime tydperk gesprekke gevoer word met die polisie en ander gesagsgroepe om die kriminaliteit, wat onstabiliteit tot gevolg het, aan te spreek.


Lesse

Die les uit die gebeure verlede Dinsdag in Senekal by die Horner-moordverdagtes se hofverskyning, is dat samewerking tussen alle belanghebbendes nou meer as ooit van groot belang is. Daar moet saamgewerk word en ruimte gegee word om 'n beter oplossing te kry om probleme soos aanvalle en moorde op plase op te los. Hy sê almal is blootgestel aan groter kriminaliteit in gemeenskappe en dit is sleg, daarom moet die korrekte kanale om vinnige optrede af te dwing gebruik word. Laubscher meen daar kan nie bekostig word dat landbou verder "gedestabilliseer" word nie.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.